Die polisie het nog altyd vinnig opgetree wanneer daar sake teen die EFF gemaak word, maar doen niks wanneer die EFF klagte indien teen die parlement se beskermingsdienste nie.
Indien daar niks kom van ’n klag wat die EFF Vrydag by die Kaapstad Sentraal-polisiekantoor ingedien het oor gebeure in die Nasionale Vergadering (NV) tydens pres. Cyril Ramaphosa se begrotingsdebat nie, sal dié party dit verder neem en ’n private vervolging doen.
So sê die EFF in ’n verklaring.