Die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, sê sy het gedink sy het al alles gesien toe geld by oudpres. Nelson Mandela se begrafnis gesteel is.
Maar die korrupsie tydens die pandemie het haar nóg meer geskok, het sy Vrydag tydens die Staatsdienskommissie, Verenigde Nasies en Unisa se herdeking van Internasionale Teenkorrupsiedag gesê.