Die EFF se betogings Maandag was nooit veronderstel om tot anargie en geweld te lei nie en dit was allesbehalwe ’n poging tot ’n staatsgreep, sê Julius Malema, leier van die party.
Die veiligheidsmagte het heeltemal oorreageer en baie geld gemors met hul grootskeepse ontplooiing, het Malema aan Netwerk24 in die straat buite pres. Cyril Ramaphosa se ampswoning in Bryntirion in Pretoria gesê.
“Ons het gesê ons gaan op 20 Maart ’n optog hou en nou het hulle die weermag tot 17 April ontplooi.”