Die EFF wil hê die Krugerwildtuin se naam moet verander word.
Die party sê in ’n Erfenisdag-verklaring die naam van die wildtuin, wat na oudpres. Paul Kruger genoem is, moet verander word saam met dié van ander openbare plekke wat “koloniale en apartheidsname het”. Dit sluit straatname in. Die monumente en standbeelde van “koloniale en apartheidsmoordenaars” moet verwyder word.
Die EFF, wat 10,79% van die stemme in vanjaar se algemene verkiesing gekry het, het ook sy eis herhaal dat “Die Stem” uit die volkslied verwyder word en opnuut ’n beroep om grondonteiening sonder vergoeding gedoen.