Laer vlakke van beurtkrag sal boere darem “groter beweegruimte” gee, hoewel die elektrisiteitskrisis reeds groot skade aangerig het en die einde nog nie in sig is nie, sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.
Elke plaas het sy eie uitdagings en elke boerdery verskil van ’n ander, maar dit help volgens Van Zyl as fase 3- en fase 4-beurtkrag ingestel word eerder as fase 6-beurtkrag.
Van Zyl en Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, sê hulle besef dit kan moeilik wees om boere heeltemal van beurtkrag vry te stel.