Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het nie gesloer om foto’s en vingerafdrukke van die Gupta-broers aan die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) te stuur toe daarvoor versoek is voor hul inhegtenisneming nie.
So sê Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, in ’n parlementêre antwoord wat Vrydagmiddag uitgereik is.
Die Gupta-broers word saam met oudpres. Jacob Zuma as die vermeende baasbreine agter staatskaping beskou.