Wraak, die ontduiking van inhegtenisneming en die verswakking van pres. Cyril Ramaphosa se aansien in die aanloop tot die ANC se nasionale verkiesingskonferensie.
Dít is Donderdag alles deur politieke ontleders as moontlike redes voorgehou waarom Arthur Fraser, oud-spioenbaas en voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, Woensdag by die polisie in Johannesburg strafregtelike klagte teen Ramaphosa ingedien het.
Eric Mabuza, Fraser se prokureur, wou in reaksie nie kommentaar oor hierdie bewerings of oor die motief vir die klagte namens sy kliënt lewer nie.