Arthur Fraser, voormalige spioenbaas, is glo reeds weke ná die diefstal op 9 Februarie 2020 op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas in Limpopo, daaroor ingelig.
Daar is na bewering $4 miljoen uit Ramaphosa se huis gesteel. Hy was tydens die diefstal by ’n beraad in Ethiopië. Die geld is glo in meubelstukke in sy huis op die plaas weggesteek.
’n Bron het aan Netwerk24 gesê die $4 miljoen was in $100-note in 40 bale gebind.