Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma het miljoene rande se skade aangerig in gewelddadige protesoptogte op hoofroetes in veral KwaZulu-Natal.
Die N3-tolkonsessie het aan EWN bevestig 23 vragmotors is by die Mooirivier-tolhek aan die brand gesteek. Teen Saterdagmiddag laat was die hele pad daar nog gesluit vir opruimingswerk.
Klippe is na voertuie geslinger en bande is aan die brand gesteek as deel van die #FreeZuma-veldtog waarin aangedring word op Zuma se onmiddellike vrylating uit die Estcourt-gevangenis. Die N3-, N2- en N7-roetes is die ergste geraak.