Hy wil dit duidelik stel die destydse Staatsveiligheidsraad (SVR) het nooit besluit om die aktiviste Fort Calata en Matthew Goniwe in 1985 te laat doodmaak nie, sê Adamus Stemmet, eertydse sekretaris van die SVR.
Hy het gereageer op uitlatings die naweek deur Lukhanyo Calata dat oudpres. FW de Klerk voor sy dood ’n regsmening ingewin het oor of hy vir apartheidsmisdade vervolg kan word.
Calata het gesê net soos wat dit deel was van De Klerk se nalatenskap dat hy ’n einde aan apartheid gemaak het, só is dit deel van sy nalatenskap dat “hy ’n aandeel in my pa en die res van die Cradock-4 se moord gehad het”.