Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het in die verslag wat hy Dinsdag aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig het, bevestig Gauteng – die ekonomiese hartland van Suid-Afrika – is die provinsie waar die grootste gekonkel met en swakste beheer van Covid-19-kontrakte voorgekom het.
Naas Gauteng is die Oos-Kaap die grootste oortreder, gevolg deur KwaZulu-Natal in die derde plek.
Die SOE is in Julie 2020 deur Ramaphosa opdrag gegee om Covid-19-kontrakte op alle regeringsvlakke te ondersoek vir moontlike korrupsie en onreëlmatighede.