Ondanks beloftes dat dinge sal verbeter, betaal die Gautengse departement van gesondheid steeds sowat 80% van sy diensverskaffers laat.
Dít word verneem in die departement se vierde kwartaallikse verslag wat onlangs aan die wetgewer voorgelê is.
Die vierde kwartaal strek van Januarie tot Maart.