Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hoor verdere getuienis aan oor die land se wetstoepassers.
Kol. Welcome Mhlongo van die Valke in KwaZulu-Natal getuig.
Mhlongo is in getuienis voor die kommissie geïmpliseer. Daar is aangevoer dat hy betrokke was by ‘n komplot om in 2013 van die destydse nuut aangestelde nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), Mxolisi Nxasana, ontslae te raak sodat adv. Nomgcobo Jiba hom as die NDOV kon opvolg.