Vroue is nie in hul eie huis veilig nie. Nie van vreemdelinge of van mans wat hulle goed ken nie.
So het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gereageer op die onlangse moorde op die Kaapse student Uyinene Mrwetyana en die Suid-Afrikaanse bokskampioen Leighandre Jegels.
“Ons behoort ons koppe in skaamte te laat sak. Ons het pas Vrouemaand gedenk, 63 jaar nadat vroue betoog het vir die reg om in vryheid te leef. Nou leef vroue in vrees, nie van die apartheidspolisie nie, maar in vrees vir hul pa’s, broers en ooms en seuns,” het Ramaphosa in ’n verklaring gesê.