’n Sportsak vol R200-note agter in ’n kattebak. Modieuse pakke klere wat na bewering met Gupta-geld in Sandton gekoop is. En ’n vervreemde vrou wat sê sy gaan die Zondo-kommissie van ondersoek alles vertel wat sy van staatskaping weet.
Dit is waarvoor die kommissie hom moontlik kan voorberei wanneer Norma Mngoma, vervreemde vrou van Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, Vrydag voor die kommissie getuig.
Mngoma, het verlede jaar ’n nag in die Brooklyn-polisieselle deurgebring nadat die Valke ontbied is om haar by die eertydse glanspaar se huis in Waterkloofrif, Pretoria, in hegtenis te neem.