Terwyl gerugte die ronde doen dat die verlof van dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal (DG) van gesondheid, met die Digital Vibes-skandaal verband hou, kon sy departement Vrydag nie meer lig daarop werp nie.
Die Daily Maverick berig die skorsing van Buthelezi, sowel as van dr. Anban Pillay, adjunk-DG van gesondheidsregulering, blyk onafwendbaar te wees en dat hulle weens die skandaal dissiplinêr verhoor kan word.
Intussen is dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal, ingevolge protokol tydelik in die plek van Buthelezi aangestel omdat Buthelezi tans met verlof is.