Die landbouorganisasie Vrystaat Landbou (VL) sal teenstand bied teen die nasionalisering van grond deur voogdyskap.
VL het Donderdag in ’n verklaring op die EFF se voorstel gereageer dat voogdyskap van die staat ingesluit word in die konsepwetsontwerp vir die wysiging art. 25 van die Grondwet.
“Dié oproep van die EFF dat alle grond onder toesig van die staat geplaas word, is niks anders nie as nasionalisering en moet op alle maniere teengestaan en gekeer word,” sê Francois Wilken, president van VL.