Sy glo die ANC hoop om nuwe wetgewing wat in die parlementêre pyplyn is, in te span om grondhervorming in die toekoms te dryf nadat sy plan vir onteiening sonder vergoeding misluk het.
Annette Steyn, DA-woordvoerder oor landbou en grondhervorming, sê een van dié maniere is om meer magte te gee aan die howe wat betrokke is by grondhervorming.
“Dan is daar ook ander wetgewing wat voorberei word waarmee daar gekyk word na die gebruik van kommunale grond,” het sy Woensdag gesê.