In ’n wêreld wat verdeel is tussen verdruktes en verdrukkers, kan min items meeding met die waarde van die tronksleutel waarmee oudpres. Nelson Mandela op Robbeneiland toegesluit was.
“Dit was dié sleutel wat Mandela onregverdig aangehou het en dié sleutel wat uiteindelik tot sy vryheid en bestyging tot die amp van president gelei het. En met Mandela se opkoms, het die hoop en drome van ontelbare miljoene wêreldwyd verhoog.”
Só lui ’n advertensie van die Amerikaanse afslaersmaatskappy Guernsey’s vir sy “ongekende” aanlyn veiling van historiese voorwerpe uit Mandela se lewe, wat die tronksleutel insluit, wat op 28 Januarie uit New York verkoop sal word.