Die herstel van reg en orde was duidelik die oorwoë bedoeling van pres. Cyril Ramaphosa se toespraak Woensdagmiddag in die dringende en buitengewone sitting van die parlement oor geweld.
Dit is die mening van die politieke ontleder Theo Venter van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool in Potchefstroom.
Venter sê die president het reguit oor die maatskaplike probleme in die land gepraat.