Arm huishoudings en werkendes se lyding weens stygende brandstofpryse kan toegeskryf word aan die “onbevoegdheid en rigtingloosheid” van die ANC-regering, meen die EFF.
Dít was Woensdag die party se mening oor die jongste prysstygings in die brandstofprys wat deur die departement van minerale bronne en energie aangekondig is.
Petrol (93- en 95-oktaan) het om middernag met 28c per liter gestyg, diesel met 9c en paraffien met 58c per liter.