Die koronaviruspandemie kan nie meer as verskoning gebruik word vir die agterstand in strafregtelike sake by die howe nie, sê prof. Christian Msimang, IVP-LP.
Hy het Dinsdag in die Nasionale Vergadering gepraat tydens die debat oor die departement van justisie en korrektiewe dienste se begroting. Verskeie LP’s het hul kommer uitgespreek oor die agterstand in hofsake oor alle howe heen.
Adv. Glynnis Breytenbach, DA-LP, het gesê hofsake van gewone burgers kan nie eenkant gestoot word ter wille van hofsake wat uit die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan spruit nie.