Omdat die ANC se komitee vir kaderontplooiing klaarblyklik soveel invloed op staatsaanstellings uitoefen, mag hy nie sy werk “in die donker of in die geheim” doen nie, het dr. Leon Schreiber, DA-LP, Maandag by monde van die party se regsverteenwoordiger, adv. Nick Ferreira, in die hooggeregshof in Johannesburg aangevoer.
Dit is dus in die openbare belang dat die hof die DA se versoek toestaan om die ANC te dwing om die rekords van sy kaderontplooiingskomitee aan die DA te oorhandig. Die DA wil die rekords vanaf 2013 hê toe pres. Cyril Ramaphosa nog die voorsitter van die komitee was.
Uitspraak in die saak is deur regter Willem Wepener voorbehou.