Die DA en ANC in die Wes-Kaapse wetgewer het mekaar Donderdag oor die kole gehaal in ’n debat oor die impak van stygende brandstofpryse en inflasie.
Die debat Donderdagmiddag in die openbare belang is aangevra deur Lorraine Botha, DA-hoofsweep.
Gillion Bosman, DA woordvoerder oor finansies, ekonomiese geleenthede en toerisme, het in sy toespraak gesê die ANC het die provinsie tot op die rand van “wydverspreide lyding” gebring.