Alle oë sal Vrydag op die ANC se integriteitskommissie wees oor of hy bevindings teen pres. Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-aangeleentheid gaan maak.
Hoewel die komiteevoorsitter, George Mashamba, nie Woensdag vir kommentaar bereik kon word nie, het Paul Mashatile, tesourier-generaal en waarnemende sekretaris-generaal van die ANC, Maandag gesê die kommissie sal sy verslag Vrydag aan die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) oorhandig.
Volgens Mashatile het Ramaphosa reeds voor die integriteitskommissie verskyn en die kommissie sal Vrydag oor sy bevindings verslag doen.