Terwyl die ANC sy tande slyp om deur koalisies ook die beheer oor Tshwane en Ekurhuleni oor te neem, het die ontsetelde DA-burgemeester van Johannesburg aangekondig dat sy haar party se leier wil word.
Dr. Mpho Phalatse is verlede week as burgemeester van die land se ekonomiese enjinkamer uitgestem nadat ’n derde mosie van wantroue in haar geslaag het.
Sy het haar veldtog om John Steenhuisen op die DA se federale konferensie op 1 en 2 April in Midrand uit te daag, Maandag by die Hector Pieterson-gedenkteken in Soweto aangekondig.