Vir hom was dit duidelik uit John Steenhuisen, die nuwe DA-leier, se aanvaardingstoespraak Sondag dat hy baie meer diepte het as sy voorganger, Mmusi Maimane.
Só sê dr. Ntsikelelo Breakfast, ’n politieke ontleder aan die Universiteit Stellenbosch.
“Wanneer Maimane gepraat het, was dit rond en bont. Ek het die indruk gekry hy (Steenhuisen) verstaan regtig wat die uitdagings is.