Die onluste in Julie vanjaar was een van die ergste aanvalle op die land se demokrasie en dit sal weer gebeur as diegene wat daarvoor verantwoordelik was, nie aan die pen ry nie, sê die nasionale direkteur van openbare vervolgings (DOV), Shamila Batohi.
Batohi en haar span van die nasionale vervolgingsgesag het Vrydag hul jaarverslag met die nasionale portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste bespreek.
Hulle het ook lig op sekere prominente sake, insluitende Steinhoff, die Guptas en die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), gewerp.