“Is ons dae nou ook getel?”
Dit is wat die leier van die Khoisan-revolusieparty in Upington wil weet ná die twiet van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, oor die “gekheid” van Orania met sy eie geldeenheid, vlag en wette, en dat dit moet end kry.
Stanley Peterson sê Lesufi se aanmerking dat die tyd van Orania, ’n Afrikaner-nedersetting, om is, laat hom wonder én maak hom “baie bekommerd”.