Kubermisdaad hou ’n groterwordende bedreiging vir Suid-Afrika se nasionale veiligheid in.
Volgens Mondli Gungubele, minister in die presidensie belas met die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), is die rede hiervoor dat dit in die afgelope twee jaar tydens die Covid-19-pandemie teen ’n “kommerwekkende” pas toegeneem het.
Gungubele se uitlatings was in antwoord op ’n parlementêre vraag deur Mathibe Mohlala, ’n EFF-LP, wat wou weet watter voorsorgmaatreëls die SVA getref het om kubermisdaad te bestry.