Die patrone van grondeienaarskap en veral landbougrond is ’n “tydbom wat aftel” en kan nie so voortgaan nie.
Die ANC in die Wes-Kaapse wetgewer sê hy glo die wysiging van art. 25 van die Grondwet en die Wetsontwerp op Onteiening sal Suid-Afrika help met die oplos van die grondvraagstuk “wat integraal vir die proses van dekolonisering bly”.
Cameron Dugmore, ANC-leier in die wetgewer, het Donderdag gesê Suid-Afrikaners moet saamwerk “soos ons gedoen het toe ’n politieke skikking bereik is en ons Grondwet in 1996 aanvaar is”.