Verlig én spyt.
Dís hoe Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sy uittrede as grootbaas van die sukkelende staatsinstelling beskryf.
De Ruyter, wie se drie jaar by Eskom volgende maand tot ’n einde kom, sê hy sou onder ander omstandighede kon aanbly in dié pos “in ’n ander bestel waar daar meer objektiwiteit en meer vryheid is om op te tree”.