Die Soedannese sakeman wie se $580 000 (sowat R10 miljoen) dit glo is wat na bewering uit pres. Cyril Ramaphosa se rusbank op sy Phala Phala-plaas gesteel is, lei oënskynlik ’n luukse lewe in Dubai terwyl die storm om die president se kop woed.
Die beweerde diefstal wat op die lappe gekom het, het daartoe gelei dat in ’n onafhanklike verslag bevind is dat voldoende prima facie-bewyse bestaan om Ramaphosa moontlik in ’n staat van beskuldiging te plaas.