Adv. Busisiwe Mkhwebane, geskorste openbare beskermer (OB), se verslag oor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) word verder deur die parlement se art. 194-komitee ondersoek op dag 4 van die komitee se verrigtinge in die verwyderingsproses teen haar.
Johann van Loggerenberg, voormalige hoof van ondersoeke van die SAID, getuig verder en sal daarna kruisondervra word.
Van Loggerenberg het Woensdag getuig Mkhwebane het nooit probeer om hom of enige van die SAID-amptenare wat sy ondersoek het die geleentheid te gee om hul saak te stel nie.