Die parlement se art. 194-komitee sit vir die derde dag oor die rol van adv. Busisiwe Mkhwebane, geskorste openbare beskermer (OB), as deel van die geskiedkundige verwyderingsproses teen haar.
Johann van Loggerenberg, voormalige hoof van ondersoeke by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), is die eerste getuie.