Adv. Busisiwe Mkhwebane, geskorste openbare beskermer (OB), het vandag verder getuig voor die parlementêre art. 194-komitee wat haar geskiktheid as OB ondersoek.
Die parlementêre komitee is op 16 Maart 2021 deur die Nasionale Vergadering (NV) gestig om ’n konstitusionele ondersoek oor Mkhwebane te doen. Daar word in die ondersoek op bepaalde klagte gefokus:
• beweerde wangedrag in die ondersoek na die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die sogenaamde Absa/CIEX-verslag;