Die optrede van oudpres. Jacob Zuma en Schabir Shaik is ’n klap in die gesig van Suid-Afrikaners, sê Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.
“Hulle lag vir die regstelsel.”
Haar kommentaar kom nadat Duduzile Zuma-Sambudla, Zuma se dogter, onlangs ’n video op sosiale media gedeel het waarin Zuma en Shaik gesellig saam by die nuwe Zuma-restaurant in Umhlanga, KwaZulu-Natal, kuier. Die restaurant behoort nie aan hom nie en is nie na hom genoem nie.