Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, word deur ondersteuners van pres. Cyril Ramaphosa beskou as ’n moontlike kandidaat vir die adjunkpresidentskap van die ANC.
Lamola (38) is ’n lojale bondgenoot van Ramaphosa wat die president se visie vir die party en land deel. “Hy is jonk, hy glo aan die vernuwing van die party en is nie bang om van ons ouer . . . kamerade uit te daag nie,” het ’n ANC-bron na aan die presidensie die afgelope week op voorwaarde van anonimiteit aan Rapport gesê.
Die ANC se nasionale konferensie waar sy topses-leiers, asook die nasionale uitvoerende komitee (NUK), verkies word, vind in Desember vanjaar plaas.