’n Maatskaplik-ekonomiese impakstudie wat onteiening sonder vergoeding in ’n positiewe lig stel, is deur die TLU SA en Agri SA verwerp.
Die studie, wat deur die departement van openbare werke saamgestel is, is Maandag deur Sakeliga gepubliseer.
Sakeliga het die verslag ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia-wet) verkry omdat die regering dit nie openbaar wou maak nie.