Tony Leon, voormalige DA-leier, se uitlatings dat Mmusi Maimane as DA-leier “ ’n eksperiment is wat verkeerd geloop het”, is “verraderlik, beledigend en ontmenslikend”.
Maimane, deesdae hoofaktivis van die One South Africa-beweging, sê so nadat News24 Saterdag berig het dat Leon in ’n onderhoud met dié publikasie oor sy nuwe boek, Future Tense: Reflections on My Troubled Land, onder meer gesê het dat Maimane as DA-leier ’n “eksperiment was wat verkeerd geloop het”.
Dit omdat Maimane volgens Leon hom nooit tot die party se ideale verbind het voordat hy hom daarby aangesluit het nie.