Twee mosies van wantroue waarmee opposisiepartye van pres. Cyril Ramaphosa en sy hele kabinet ontslae wil raak, sal later vandeesmaand op een dag beslis word.
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het Donderdagoggend tydens ‘n sitting van die NV se programkomitee aangekondig dat LP’s op 30 Maart vanjaar die onderskeie mosies van die African Transformation Movement in Ramaphosa en die DA in die kabinet sal debatteer en daaroor stem.
Opposisie-LP’s was tydens die sitting egter duidelik omgekrap oor Mapisa-Nqakula se besluit het dat daar openlik, en nie in die geheim nie, tydens albei mosies gestem sal word.