Die bestuur en direksie van Eskom is die deur gewys omdat André de Ruyter, uitvoerende hoof, ’n vergadering met drie parlementêre portefeuljekomitees Vrydag vroeg verlaat het.
ANC- en EFF-LP’s het verder rooi gesien omdat Jan Oberholzer, bedryfshoof, nie die vergadering bygewoon het nie.
Die portefeuljekomitees oor minerale hulpbronne en energie, openbare ondernemings en die verkose komitee oor openbare ondernemings en kommunikasie het Vrydag by Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor in Johannesburg, met Eskom se bestuur en direksie vergader om pogings om die land se energiekrisis op te los, te evalueer.