Lucky Montana, eertydse uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), het die rassekaart uitgepluk om hom teen die bevinding van die Zondo-kommissie te verdedig en dreig met regstappe van sy eie.
Hoofregter Raymond Zondo se “genadelose vervolging” van hom sal misluk en hy sal nog sy posisie as hoofregter verloor, sê Montana in ’n lywige verklaring van 22 bladsye in reaksie op die kommissie van ondersoek na staatskaping se bevindings.
Zondo het in sy laaste verslag bevind dat Montana en talle van sy senior kollegas vir hul rol in die lokomotiefkontrak met die maatskappy Swifambo vervolg behoort te word.