’n Raad van ondersoek is aangestel en het reeds ’n verslag aan die weermaghoof oorhandig, nadat meer as 800 weermagreserviste wat verlede jaar opgeroep is om tydens die onluste in KwaZulu-Natal te help nie betaal is nie.
Talle oudlede wat voor 1994 weermaglede was, soos die Suid-Afrikaanse Kaapse Korps (SAKK), sowel as voormalige Apla- en Umkhonto we Sizwe-lede, het gereageer toe die president in Julie 2021 aangekondig het dat hulle moet aanmeld om te help met Operasie Prosper.
Met hul aankoms by die Umzimvubu-regiment in die Oos-Kaap was daar egter geen uniforms of toerusting nie, en ook nie genoeg slaapplek of kos nie.