Oud-adj.pres. David Mabuza is in ’n sitting van die Nasionale Vergadering (NV) deur John Steenhuisen, DA-leier, uitgewys as die senior politikus wat glo by die bewerings van korrupsie by Eskom betrek word.
Dit was Donderdag in die sitting waarin gedebatteer is oor ’n DA-mosie vir die stigting van ’n ad hoc-komitee om bewerings van korrupsie en georganiseerde misdaad en kartelle by Eskom te ondersoek.
Steenhuisen het wel nie redes gegee vir waarom hy glo dit is Mabuza wat by die korrupsie betrek word nie.