Die voormalige adjunkpresident David Mabuza ontken die bewering deur die DA dat hy een van die senior politici is wat by bewerings van korrupsie by Eskom betrek kan word.
Dit volg nadat John Steenhuisen, DA-leier, Donderdag in ’n sitting van die Nasionale Vergadering (NV) vir Mabuza uitgewys het as die een wat glo daarby betrek word.
Steenhuisen het verwys na intelligensieverslae deur private ondersoekers wat ooreenstem met die bewerings wat verlede maand in ’n TV-onderhoud deur André de Ruyter, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, gemaak is.