Die ANC se verkiesingskomitee is onder beleg met adj.pres. David Mabuza en Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, wat die benoemingsproses vir die top-ses betwis.
Geeneen van hulle is onder die benoemdes wat Dinsdag deur dié komitee bekend gemaak is nie.
Nadat Sisulu volgens ’n uitgelekte brief aan die komitee ’n dispuut verklaar het, het Mabuza se veldtogbestuurder Vrydag in ’n onderhoud met Newzroom Afrika gesê ook hy meen daar was ongerymdhede.