Adjunkpres. David Mabuza het volgens kenners te kenne gegee dat hy wil bedank om homself verleentheid te spaar en omdat niemand in die ANC en regering hom vertrou het.
Mabuza se kantoor het Vrydag in ’n verklaring gesê Mabuza het pres. Cyril Ramaphosa oor sy voorneme in kennis gestel. Paul Mashatile, nuwe adjunkpresident van die ANC, sal hom vervang as sy bedanking aanvaar word.
Die presidensie het teen Vrydagmiddag nog nie op navrae daaroor reageer nie.