Adv. Busisiwe Mkhwebane, geskorste openbare beskermer (OB), het haar sin gekry om haar voorganger, prof. Thuli Madonsela, met ’n dagvaarding te dwing om voor die parlementêre art. 194-komitee wat Mkhwebane se geskiktheid vir dié amp ondersoek, te getuig.
“Neem vriendelik kennis, ek kan u nie help nie, vir die volgende redes . . .,” het Madonsela in ’n brief aan Mkhwebane se regsverteenwoordigers, Seanego Attorneys, geskryf nadat dié firma ’n aantal vrae aan Madonsela gestuur het wat hulle wil hê sy voor die komitee moet beantwoord.
Mkhwebane het vrae oor: