Lebogang Maile, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, “moet rekenskap gee van Gauteng se wanfunksionele munisipaliteite”.
Solly Msimanga, DA-LPW en -woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake in Gauteng, meen dit is ooglopend dat Maile onbekwaam is om sy werk te doen.
Msimanga sê Maile, wat aspirasies het om die provinsie se volgende premier te word, kan nie vertrou word met die departement nie, en beslis nie met Gauteng nie.